Jakobus 1:1-8

Jakobus 1:1-8 CAB23

Jakobus, 'n dienskneg van God en van die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat oor die wêreld verstrooi is, groet. My broers, ag dit louter vreugde wanneer julle in allerhande versoekings val; Julle weet dit, dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar laat die geduld sy volmaakte werk hê, sodat julle volmaak en volkome kan wees en niks kortkom nie. As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt; en dit sal aan hom gegee word. Maar laat hy in geloof bid, sonder om te wankel. Want hy wat wankel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedryf en voortgesweep word. Want laat daardie man nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. 'n Dubbelsinnige man is onbestendig in al sy weë.

Video vir Jakobus 1:1-8