En waarlik, hulle wat uit die seuns van Levi is, wat die amp van die priesterskap ontvang, het 'n bevel om tiendes van die volk te neem volgens die wet, dit is, van hulle broers, al kom hulle uit die lendene van Abraham; Maar hy wie se afkoms nie van hulle gereken word nie, het tiendes van Abraham ontvang en hom geseën wat die beloftes gehad het. En sonder alle teenstrydigheid word die mindere van die beters geseën. En hier ontvang mense wat sterf tiendes; maar daar ontvang Hy hulle, van wie getuig is dat Hy lewe. En soos ek so kan sê, Levi, wat tiendes ontvang, het ook tiendes in Abraham betaal. Want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom ontmoet het.
Lees Hebreërs 7
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Hebreërs 7:5-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's