Genesis 39:1-5

Genesis 39:1-5 CAB23

En Josef is na Egipte afgebring; en Potifar, 'n offisier van Farao, owerste van die lyfwag, 'n Egiptenaar, het hom gekoop uit die hande van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het. En die HERE was met Josef, en hy was 'n voorspoedige man; en hy was in die huis van sy heer, die Egiptenaar. En sy heer het gesien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy gedoen het, in sy hand voorspoedig gemaak het. En Josef het genade in sy oë gevind, en hy het hom gedien; en hy het hom as opsiener oor sy huis aangestel, en alles wat hy gehad het, het hy in sy hand gegee. En van die tyd af dat hy hom as opsiener oor sy huis aangestel het en oor alles wat hy het, het die HERE die Egiptenaar se huis geseën ter wille van Josef; en die seën van die HERE was op alles wat hy gehad het in die huis en in die veld.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid