Genesis 39:1-5

Genesis 39:1-5 AFR20

Josef is afgebring na Egipte. Potifar, 'n paleisamptenaar van die farao en die hoof van die lyfwag, 'n Egiptiese man, het hom gekoop by die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het. Die HERE was met Josef, en hy was 'n suksesvolle man. Hy was werksaam in die huis van sy eienaar, die Egiptenaar. Toe sy eienaar merk dat die HERE met Josef is, en dat die HERE alles wat hy doen, laat slaag deur sy hand, het Josef guns gevind in sy oë en sy persoonlike bediende geword. Hy het hom aangestel oor sy huishouding, en alles wat aan hom behoort, het hy onder Josef se beheer geplaas. Vandat hy hom in sy huishouding en oor alles wat hy besit, aangestel het, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van Josef. Die seën van die HERE het gerus op alles wat hy besit, in die huis en in die veld.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid