En in dié tyd het Abimeleg en Pikol, die owerste van sy leër, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen. Sweer dan nou vir my hier by God dat jy nie vals sal handel met my en my seun of my seun se seun nie; maar volgens die goedertierenheid wat ek aan jou bewys het, moet jy aan my en aan die land bewys waarin jy as vreemdeling vertoef het. Toe sê Abraham: Ek sal sweer. En Abraham het Abimeleg tereggewys oor 'n waterput wat Abimeleg se dienaars met geweld weggeneem het. Toe sê Abimeleg: Ek weet nie wie hierdie ding gedoen het nie; Abraham het skape en beeste geneem en dit aan Abiméleg gegee; en hulle het al twee 'n verbond gesluit. Abraham het sewe ooilammers van die kleinvee afsonderlik opgestel. Toe sê Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy vir hulleself gesit het? Toe sê hy: Hierdie sewe ooilammers moet jy uit my hand neem, dat hulle vir my 'n getuie kan wees dat ek hierdie put gegrawe het. Daarom het hy daardie plek Berseba genoem; want daar het hulle albei gesweer. So het hulle dan 'n verbond gesluit in Berséba, en Abimeleg het opgestaan en Pikol, die owerste van sy leër, en hulle het teruggekeer na die land van die Filistyne. Abraham het 'n bos in Berseba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep. Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.
Lees Genesis 21
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Genesis 21:22-34
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's