Genesis 17:15-19

Genesis 17:15-19 CAB23

En God het vir Abraham gesê: Wat jou vrou Sarai betref, jy mag haar nie Sarai noem nie, maar haar naam moet Sara wees. Ek sal haar seën en vir jou ook 'n seun uit haar gee; ja, Ek sal haar seën, en sy sal 'n moeder van nasies wees; konings van volke sal van haar wees. Toe val Abraham op sy aangesig en lag en sê in sy hart: Sal daar vir hom wat honderd jaar oud is 'n kind gebore word? en sal Sara, wat negentig jaar oud is, baar? En Abraham het vir God gesê: Mag Ismael voor U lewe! En God het gesê: Jou vrou Sara sal waarlik vir jou 'n seun baar; en jy moet hom Isak noem, en Ek sal my verbond met hom oprig as 'n ewige verbond en met sy nageslag ná hom.

Video for Genesis 17:15-19

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 17:15-19