Genesis 17:15-19

Genesis 17:15-19 AFR20

God het vir Abraham gesê: “Sarai, jou vrou, moet jy nie meer Sarai noem nie; want haar naam moet Sara wees. Ek sal haar seën, en boonop sal Ek uit haar vir jou 'n seun gee. Ek sal haar seën, en sy sal tot nasies word; konings van volke sal uit haar voortkom.” Abraham het neergeval met sy gesig teen die grond, maar hy het gelag en in sy hart gesê: “Kan daar vir 'n honderdjarige 'n kind gebore word? Of sal Sara, 'n negentigjarige, kan geboorte skenk?” Toe sê Abraham vir God: “As Ismael maar net voor U kan leef!” Maar God het gesê: “Inteendeel, Sara, jou vrou gaan vir jou 'n seun in die wêreld bring, en jy moet hom Isak noem. Ek sal my verbond met hom handhaaf, as 'n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.

Video for Genesis 17:15-19

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 17:15-19