Eksodus 40:16-29

Eksodus 40:16-29 CAB23

So het Moses gedoen: net soos die HERE hom beveel het, so het hy gedoen. En dit het gebeur in die eerste maand in die tweede jaar, op die eerste dag van die maand, dat die tabernakel opgerig is. En Moses het die tabernakel opgerig en sy voetstukke vasgemaak en sy style opgestel en sy grendels ingesit en sy pilare opgerig. En hy het die tent oor die tabernakel uitgesprei en die dekkleed van die tent daarbo gesit; soos die HERE Moses beveel het. En hy het die Getuienis geneem en in die ark gesit en die draaghoute aan die ark gesit en die versoendeksel bo-op die ark neergesit. En hy het die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel van die deksel opgesit en die ark van die Getuienis bedek; soos die HERE Moses beveel het. En hy het die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, noordwaarts, buitekant die voorhangsel. En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE; soos die HERE Moses beveel het. En hy het die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel. En hy het die lampe aangesteek voor die aangesig van die HERE; soos die HERE Moses beveel het. En hy het die goue altaar in die tent van samekoms voor die voorhangsel gesit. En hy het reukwerk van speserye daarop aangesteek; soos die HERE Moses beveel het. En hy het die behangsel by die ingang van die tabernakel opgesit. En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tent van samekoms gesit en die brandoffer en die spysoffer daarop gebring; soos die HERE Moses beveel het.

Video vir Eksodus 40:16-29