Eksodus 25:23-30

Eksodus 25:23-30 CAB23

Jy moet ook 'n tafel van akasiahout maak: twee el moet sy lengte wees en 'n el sy breedte en anderhalf el sy hoogte. En jy moet dit met suiwer goud oortrek en daarvoor 'n goue kroon maak rondom. En jy moet daarvoor 'n rand van 'n handbreedte rondom maak, en jy moet 'n goue kroon maak aan die rand daarvan rondom. En jy moet daarvoor vier goue ringe maak, en sit die ringe aan die vier hoeke wat aan die vier voete daarvan is. Teenoor die grens moet die ringe wees vir plekke van die draaghoute om die tafel te dra. En jy moet die draaghoute van akasiahout maak en dit met goud oortrek, sodat die tafel daarmee gedra kan word. En jy moet sy skottelgoed en sy eetlepels en sy deksels en sy komme maak om dit mee te bedek; van suiwer goud moet jy dit maak. En jy moet altyd toonbrood voor my aangesig op die tafel sit.

Video vir Eksodus 25:23-30