Deuteronomium 11:18-21

Deuteronomium 11:18-21 CAB23

Daarom moet julle hierdie woorde van My in julle hart en in julle siel weglê en dit as 'n teken op julle hand bind, sodat dit soos voorhoofsbande tussen julle oë kan wees. En julle moet julle kinders vir hulle leer deur van hulle te praat as jy in jou huis sit en as jy op pad loop, as jy gaan lê en as jy opstaan. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe, sodat julle dae en die dae van julle kinders vermeerder kan word in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, soos die dae van die hemel op die aarde.