En daarna het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek na enige van die stede van Juda? En die HERE sê vir hom: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En hy sê: By Hebron! Dawid het toe daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ahinoam, die Jisreëlitiese, en Abigail, Nabal se vrou, die Karmeliet. En Dawid het sy manne wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gewoon. En die manne van Juda het gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf. En hulle het Dawid meegedeel en gesê: Dit was die manne van Jabes in Gílead wat Saul begrawe het. Dawid het boodskappers gestuur na die manne van Jabes in Gílead en vir hulle gesê: Geseënd is julle deur die HERE dat julle hierdie guns aan julle heer, aan Saul, bewys het en hom begrawe het. En nou het die HERE guns en trou aan julle bewys, en Ek sal julle ook hierdie guns vergelde, omdat julle hierdie ding gedoen het. Laat dan julle hande nou versterk word en julle dapper wees, want julle heer Saul is dood, en ook die huis van Juda het My as koning oor hulle gesalf. Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isboset, die seun van Saul, geneem en hom na Mahanaim gebring; en hom koning gemaak oor Gílead en oor die Assuriete en oor Jisreël en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele Israel. Isboset, die seun van Saul, was veertig jaar oud toe hy oor Israel begin regeer het, en hy het twee jaar geregeer. Maar die huis van Juda het Dawid gevolg. En die tyd wat Dawid in Hebron koning was oor die huis van Juda, was sewe jaar en ses maande.
Lees 2 Samuel 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Samuel 2:1-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's