2 Kronieke 15:1-7

2 Kronieke 15:1-7 CAB23

En die Gees van God het oor Asarja, die seun van Oded, gekom. En hy het uitgegaan Asa tegemoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle terwyl julle by Hom is; en as julle Hom soek, sal Hy deur julle gevind word; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. Nou was Israel vir 'n lang tyd sonder die ware God en sonder 'n leerpriester en sonder wet. Maar toe hulle in hul benoudheid hulle tot die HERE, die God van Israel, bekeer en Hom gesoek het, is Hy by hulle gevind. En in dié tye was daar geen vrede vir hom wat uitgegaan het nie, ook nie vir hom wat ingekom het nie, maar groot kwellings was oor al die inwoners van die lande. En nasie is vernietig van nasie en stad van stad, want God het hulle met alle teëspoed geplaag. Wees dan sterk, en laat julle hande nie swak wees nie, want julle werk sal beloon word.