Want julle weet self goed dat die dag van die Here so kom soos 'n dief in die nag. Want wanneer hulle sal sê: Vrede en veiligheid; dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou; en hulle sal nie ontvlug nie. Maar julle, broeders, is nie in die duisternis, dat daardie dag julle soos 'n dief sou oorval nie. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of van die duisternis nie. Laat ons daarom nie slaap soos ander nie; maar laat ons waak en nugter wees.
Lees 1 Tessalonisense 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Tessalonisense 5:2-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's