Julle weet mos self dat die Dag van die Here soos ’n dief in die nag kom. Wanneer die mense nog sê: “Alles is rustig en veilig,” dan skielik, soos geboortepyne ’n swanger vrou oorval, oorval ondergang hulle. Hulle sal dit beslis nie vryspring nie. Maar júlle, broers en susters, leef nie in die duisternis sodat dié dag julle soos ’n dief sal oorval nie. Julle is tog almal kinders van die lig en van die dag. Ons hoort nie by die nag of die duisternis nie. Laat ons daarom nie soos die ander mense aan die slaap gevang word nie. Laat ons wakker en nugter wees.
Lees 1 TESSALONISENSE 5
Luister na 1 TESSALONISENSE 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 TESSALONISENSE 5:2-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's