1 Samuel 3:4-11

1 Samuel 3:4-11 CAB23

dat die HERE Samuel geroep het, en hy antwoord: Hier is ek. En hy het na Eli gehardloop en gesê: Hier is ek; want U het my geroep. En hy antwoord: Ek het nie geroep nie; weer gaan lê. En hy het gegaan en gaan lê. En die HERE het weer Samuel geroep. Toe staan Samuel op en gaan na Eli en sê: Hier is ek! want U het my geroep. En hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun; weer gaan lê. En Samuel het die HERE nog nie geken nie, en die woord van die HERE is nog nie aan hom geopenbaar nie. En die HERE het Samuel weer vir die derde keer geroep. En hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek! want U het my geroep. En Eli het gemerk dat die HERE die kindjie geroep het. Daarom sê Eli vir Samuel: Gaan lê, en as hy jou roep, moet jy sê: Spreek, HERE! want u kneg luister. Samuel het toe gegaan en op sy plek gaan lê. En die HERE het gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! Toe antwoord Samuel: Spreek; want u kneg luister. En die HERE het vir Samuel gesê: Kyk, Ek sal 'n ding in Israel doen, waarvan elkeen wat dit hoor, se albei ore sal tuit.