1 Samuel 23:14-18

1 Samuel 23:14-18 CAB23

En Dawid het in die woestyn in vestings gebly en op 'n berg in die woestyn Sif gebly. En Saul het hom elke dag gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie. En Dawid het gesien dat Saul uitgegaan het om sy lewe te soek, en Dawid was in die woestyn Sif, in 'n bos. En Jónatan, die seun van Saul, het opgestaan en na Dawid in die bos gegaan en sy hand in God versterk. En hy sê vir hom: Moenie vrees nie, want die hand van my vader Saul sal jou nie vind nie; en jy sal koning wees oor Israel, en Ek sal naas jou wees; en dit weet ook my vader Saul. En hulle twee het 'n verbond voor die aangesig van die HERE gesluit, en Dawid het in die bos gebly, en Jónatan het na sy huis gegaan.