1 Konings 17:1-4

1 Konings 17:1-4 CAB23

En Elía, die Tisbiet, wat uit die inwoners van Gílead was, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef voor wie ek staan, in hierdie jare sal daar geen dou of reën wees nie, behalwe volgens my woord. En die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê: Gaan weg hiervandaan en draai jou na die ooste en verberg jou by die spruit Kreit wat voor die Jordaan is. En jy moet uit die spruit drink; en Ek het die kraaie beveel om jou daar te voed.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Konings 17:1-4