Sagaria 7:8-10

Sagaria 7:8-10 AFR20

Daarna was die woord van die HERE aan Sagaria: “ So sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘Laat die waarheid seëvier in julle regspraak; betoon troue liefde en barmhartigheid aan mekaar. Moenie weduwees, weeskinders, •vreemdelinge en armes verdruk nie; moenie bose planne in julle harte teenoor mekaar bedink nie.’ ”