Slawe moet in alles aan hulle eienaars onderdanig wees: hulle tevrede stel, nie teenpraat nie, en nie steel nie, maar toon dat alle betroubaarheid goed is, sodat hulle in alles die leer van God, ons Verlosser, aantreklik maak. Want die verlossende genade van God het verskyn vir alle mense, en voed ons op, sodat ons in hierdie bedeling verstandig en regverdig en godvresend kan leef, deur goddeloosheid en wêreldse begeertes te verwerp, terwyl ons uitsien na die salige hoop en glansryke verskyning van ons groot God en Verlosser, Jesus •Christus – Hy wat Homself ter wille van ons gegee het, om ons los te koop van alle wetteloosheid, en vir Hom 'n eie volk as eiendom te reinig, wat ywerig is om goed te doen. Praat oor hierdie sake met volle gesag, bemoedig en wys tereg. Moenie dat iemand op jou neersien nie.
Lees Titus 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Titus 2:9-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's