Hooglied 8:6-7

Hooglied 8:6-7 AFR20

Dra my soos 'n rolseël teen jou hart, soos 'n rolseël aan jou arm; want liefde is kragtig soos die dood, hartstog meedoënloos soos die •doderyk – die liefdesgloed is 'n vlammende vuur, 'n verterende vlam. Baie water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie wegspoel nie. As iemand alles in sy huis aanbied in ruil vir liefde, sal hy diep verag word.