Romeine 16:1-9

Romeine 16:1-9 AFR20

Ek beveel ons suster Febe by julle aan, wat 'n dienares in die •gemeente van Kenchreë is. Ontvang haar in die Here, soos dit die •heiliges betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle nodig mag kry. Sy was 'n ware weldoener vir baie mense, en ook vir my. Groet Priska en Akwila, my medewerkers in •Christus Jesus. Hulle het hulle lewens vir my op die spel geplaas. Dis nie net ek wat teenoor hulle dankbaar is nie, maar ook al die gemeentes onder die heidene. Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet my geliefde Epenetus – hy is die eersteling in Christus uit die provinsie Asië. Groet Maria, wat so hard vir julle gewerk het. Groet Andronikus en Junia, my volksgenote en medegevangenes. Hulle is hoog aangeskrewe by die •apostels en wat reeds voor my in Christus was. Groet Ampliatus, my geliefde vriend in die Here. Groet ook Urbanus, ons medewerker in Christus, en my geliefde Stagis.

Video vir Romeine 16:1-9