Ek beveel ons suster Febe by julle aan, wat 'n dienares in die •gemeente van Kenchreë is. Ontvang haar in die Here, soos dit die •heiliges betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle nodig mag kry. Sy was 'n ware weldoener vir baie mense, en ook vir my. Groet Priska en Akwila, my medewerkers in •Christus Jesus. Hulle het hulle lewens vir my op die spel geplaas. Dis nie net ek wat teenoor hulle dankbaar is nie, maar ook al die gemeentes onder die heidene. Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet my geliefde Epenetus – hy is die eersteling in Christus uit die provinsie Asië. Groet Maria, wat so hard vir julle gewerk het. Groet Andronikus en Junia, my volksgenote en medegevangenes. Hulle is hoog aangeskrewe by die •apostels en wat reeds voor my in Christus was. Groet Ampliatus, my geliefde vriend in die Here. Groet ook Urbanus, ons medewerker in Christus, en my geliefde Stagis. Groet Apelles, wat in Christus beproef is, en groet ook diegene uit die familie van Aristobulus. Groet Herodion, my volksgenoot. Groet diegene uit die familie van Narsissus wat in die Here is. Groet Trifena en Trifosa, harde werkers vir die Here. Groet ook my geliefde Persis, wat baie hard vir die Here gewerk het. Groet Rufus, uitverkorene in die Here, sowel as sy moeder, wat ook vir my 'n moeder was.
Lees Romeine 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 16:1-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's