Daarom, kom ons veroordeel mekaar nie meer nie. Maak dit eerder julle voorneme om nie vir julle broer 'n rede tot aanstoot of struikeling te verskaf nie. Ek weet – ja, ek is in die Here Jesus daarvan oortuig – dat niks vanself •onrein is nie. As iemand iets egter as onrein beskou, dan is dit vir hom onrein. As jy jou broer aanstoot gee deur wat jy eet, handel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur wat jy eet, iemand vir wie •Christus gesterf het, ten gronde laat gaan nie. Moenie toelaat dat die goeie wat daar by julle is, 'n slegte naam kry nie. Die •koninkryk van God is tog nie 'n saak van kos en drank nie, maar van •geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Wie Christus op hierdie manier dien, is aanneemlik vir God en aanvaarbaar by die mense. Kom ons streef dan na die dinge wat die onderlinge vrede en mekaar se opbou bevorder. Moenie ter wille van kos die werk van God tot niet maak nie. Alles is rein, maar dit is verkeerd om aanstoot te gee deur wat jy eet. Dit is goed om nie vleis te eet of wyn te drink, of enigiets te doen wat jou broer laat struikel nie. Hou vas aan die oortuiging wat jy by jouself voor God het. Gelukkig is hy wat homself nie veroordeel oor wat hy as toelaatbaar beskou nie. Hy wat egter twyfel wanneer hy eet, staan al klaar veroordeel, omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. Alles wat jy nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde.
Lees Romeine 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 14:13-23
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's