Ek het toe 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, God se woonplek is by die mense. En Hy sal by hulle woon; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal elke traan uit hulle oë afdroog. En die dood sal nie meer daar wees nie; ook nie rou of 'n gehuil of pyn sal meer bestaan nie; want die eerste dinge het verbygegaan.” Hy wat op die troon sit, het gesê: “Kyk, Ek maak alles nuut. ” En Hy het ook gesê: “Skryf neer dat hierdie woorde betroubaar en waar is.” Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel! Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Dié wat dors is, sal Ek laat drink uit die fontein van lewegewende water – verniet!
Lees Openbaring 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: Openbaring 21:3-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's