Psalms 91:1-5

Psalms 91:1-5 AFR20

Hy wat in die beskutting van die Allerhoogste woon, sal oornag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sê vir die HERE: “My skuilplek, my bergskuiling, my God op wie ek vertrou!” Ja, Hy is die Een wat jou red uit die net van die voëlvanger, van die dodelike pessiekte. Met sy vlerke sal Hy jou bedek, onder sy vleuels sal jy skuiling vind. 'n Skild en 'n skans is sy trou. Jy sal nie bang wees vir die verskrikking van die nag, vir 'n pyl wat oordag vlieg nie