Psalms 54

54
1Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Maskiel. Van Dawid. 2 Toe die Sifiete gegaan en vir Saul gesê het: “Het Dawid dan nie by ons kom wegkruip nie?”
3 O God, verlos my deur u Naam
en verdedig my saak deur u groot krag.
4O God, hoor my gebed;
luister na die woorde van my mond,
5want vreemdes het teen my opgestaan
en gewelddadige mense soek my lewe.
Hulle hou God nie voor oë nie. •Sela
6Kyk, God is vir my 'n helper,
my Heer is die Een
wat my lewe ondersteun.
7Hy sal my teenstanders
vir hulle kwaad vergeld.
Omdat U getrou is, vernietig hulle!
8Vrywillig wil ek offers aan U bring.
Ek wil u Naam prys, Here,
want dit is goed;
9ja, u Naam het my uit alle nood gered
en ek kon op my vyande neerkyk.

Tans Gekies:

Psalms 54: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid