Psalms 52

52
1Vir die •musiekleier. 'n Maskiel. Van Dawid. 2 Toe Doëg, die Edomiet, gegaan en vir Saul berig gebring het. Hy het vir hom gesê: “Dawid het by die huis van Agimeleg aangekom.”
3 Waarom spog jy
oor 'n bose daad, krygsheld?
God se troue liefde is die hele dag daar.
4Jou tong beplan vernietiging,
soos 'n skerp skeermes,
jy wat bedrog pleeg.
5Jy hou meer van die slegte
as van die goeie,
van leuens meer
as om te sê wat reg is. •Sela
6Jy hou van allerhande
lasterlike woorde,
van 'n tong wat bedrieg.
7God sal jou daarom vir goed afbreek
Hy sal jou wegruk,
jou wegskeur uit die tent;
Hy sal jou uitpluk uit die land
van die lewendes. Sela
8Regverdiges sal dit sien en ontsag hê,
oor hom sal hulle die spot dryf:
9“Kyk die sterk man!
Hy het God nie sy toevlug gemaak nie,
maar op sy groot rykdom vertrou.
Hy soek toevlug in wat hom vernietig.”
10Maar ek is soos 'n welige
olyfboom in God se huis;
ek stel my vertroue in God
se troue liefde,
vir altyd en altyd.
11Ek sal U vir altyd prys
omdat U opgetree het.
In die teenwoordigheid
van u getroue volgelinge
vestig ek my hoop op u Naam,
want dit is goed.

Tans Gekies:

Psalms 52: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid