Psalms 34:5-11

Psalms 34:5-11 AFR20

Ek het die HERE geraadpleeg, en Hy het my geantwoord; van al my verskrikkinge het Hy my gered. Verdruktes kyk op na Hom en hulle straal; hulle gesigte hoef nie rooi van skaamte te wees nie. Hierdie magtelose het geroep en die HERE het gehoor, en uit al sy benoudhede het Hy hom verlos. Die •Engel van die HERE trek 'n laer rondom hulle wat vir die HERE ontsag het en Hy red hulle. Beproef dit en ervaar: Die HERE is goed, gelukkig is die mens wat by Hom skuil. Julle moet ontsag hê vir die HERE, julle wat aan Hom toegewy is; want wie vir Hom ontsag het, ly geen gebrek nie. Jong leeus kry swaar en ly honger, maar wie die HERE soek, ly geen gebrek aan alles wat goed is nie.