Van Dawid. Die HERE is my lig en my redding – vir wie sal ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe – vir wie sal ek bang wees? As kwaaddoeners op my toesak om my lewendig te verslind, ja, my teenstanders en my vyande, struikel hulle self en val. Al sou 'n leër teen my laer opslaan, sal my hart nie bang wees nie; al sou 'n oorlog teen my uitbreek, sal ek nogtans bly vertrou. Een ding het ek van die HERE gevra en dit sal ek bly nastreef: om al die dae van my lewe in die huis van die HERE te woon, om die lieflikhede van die HERE te aanskou en daaroor na te dink in sy •tempel. Ja, Hy steek my weg in sy skuiling op 'n dag van onheil; Hy verberg my in die beskutting van sy tent; Hy tel my hoog op 'n rots. Daarom is my kop hoog bo my vyande rondom my. Ek wil met uitroepe van vreugde offers bring in sy tent, ek wil sing, ek wil die HERE besing. Luister tog, HERE, na my stem wanneer ek roep, wees my genadig en antwoord my! My hart eggo u woorde: “Julle moet my teenwoordigheid opsoek!” U teenwoordigheid, HERE, soek ek op.
Lees Psalms 27
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 27:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's