Vir die •musiekleier. Op “Die rooi takbok van die dagbreek”. 'n Psalm. Van Dawid. My God, my God, waarom het U my verlaat? Waarom is U ver daarvan om my te verlos, ver van die woorde wat ek uitskreeu? My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie, ook snags, maar daar is geen rus vir my nie. U is tog die •Heilige, U heers waar die lofliedere van Israel opklink. Op U het ons voorouers vertrou, hulle het vertrou en U het hulle bevry. Tot U het hulle om hulp geroep en hulle het ontvlug; op U het hulle vertrou en hulle het nie beskaamd gestaan nie. Maar ek is 'n wurm en nie 'n mens nie, bespot deur die mense, verag deur die volk. Almal wat my sien, dryf met my die spot; hulle gryns en skud die kop: “Wend jou tot die HERE!” en “Laat Hy hom bevry, laat Hy hom red as Hy hom goedgesind is!” U is immers die Een wat my uit die baarmoeder gehaal het, my op die borste van my moeder laat vertrou het. Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.
Lees Psalms 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 22:1-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's