Psalms 19:7-14

Psalms 19:7-14 AFR20

Aan die een kant van die hemel gaan hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy hitte nie. Die wet van die HERE is volmaak, dit gee nuwe lewenskrag; die bepalings van die HERE is betroubaar, dit gee wysheid aan die onkundiges. Die opdragte van die HERE is reg, dit maak die hart bly; die gebod van die HERE is suiwer, dit verhelder die oë. Ontsag vir die HERE is rein, dit hou vir altyd stand; die beslissings van die HERE is waar, dit is almal regverdig. Dit is begeerliker as goud, begeerliker as 'n oormaat fyngoud; dit is soeter as heuning, as 'n heuningkoek wat drup. Boonop, u dienskneg word daardeur gewaarsku; wanneer 'n mens daarby hou, is die beloning groot. Wie het insig in sy onbewuste dwalings? Spreek my vry van verborge sondes! Weerhou u dienskneg ook van vermetelheid. Laat dit nie oor my heers nie; dan sal ek onskuldig wees en vry van ernstige oortredings.