Hy het sy dienskneg Moses gestuur, ook Aäron wat Hy uitgekies het. Hulle het onder hulle sy aangekondigde tekens uitgevoer, en wonders in die land van Gam. Hy het duisternis gestuur, dit donker gemaak – was hulle dan nie opstandig teen sy woorde nie? Hy het hulle water in bloed verander, hulle vis laat doodgaan. Hulle land was oortrek met paddas, tot in die slaapkamers van hulle koninklikes. Hy het gepraat, en daar het steekvlieë gekom, muggies in hulle hele gebied. Hy het hulle reënbuie hael gemaak, met weerligstrale in hulle land. Dit het hulle wingerde en vyebome platgeslaan, die bome in hulle gebied verniel. Hy het gepraat, en daar het treksprinkane gekom, ontelbare voetgangers. Dit het al die plante in hulle land kaal gevreet; dit het die opbrengs van hulle landerye opgevreet. Hy het al die •eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle manlike krag. Hy het sy volk laat wegtrek met silwer en goud; onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie. Egipte was bly toe hulle wegtrek, want vrees vir sy volk het hulle oorval. Hy het 'n wolk uitgesprei as bedekking, en 'n vuur om die nag te verlig. Hulle het gevra, en Hy het kwartels laat kom; met brood uit die hemel het Hy hulle versadig. Hy het 'n rots oopgemaak, en water het gevloei; dit het soos 'n rivier deur die dorre streek geloop.
Lees Psalms 105
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 105:26-41
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's