Van Dawid. Loof die HERE, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! Loof die HERE, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al jou siektes genees, wat jou lewe vrykoop van die graf, jou kroon met troue liefde en ontferming, wat jou begeerte met die goeie versadig. Soos 'n arend word jou jeug dan weer nuut. Die HERE handhaaf geregtigheid, die regte van almal wat verdruk word. Hy het sy weë aan Moses geopenbaar, aan die Israeliete sy dade. Barmhartig en genadig is die HERE, geduldig en oorvloedig in troue liefde; Hy beskuldig nie vir ewig nie, en bly nie vir altyd toornig nie. Hy behandel ons nie ooreenkomstig ons sonde nie en vergeld ons nie ooreenkomstig ons sondeskuld nie; want so hoog as wat die hemel bo die aarde is, so troon sy troue liefde uit bo dié wat vir Hom ontsag het. So ver as wat die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons. Soos 'n vader hom ontferm oor kinders, so ontferm die HERE Hom oor dié wat vir Hom ontsag het; want Hy, Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou in gedagte dat ons maar stof is.
Lees Psalms 103
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 103:1-14
5 Days
‘Tis the season to be jolly, but also very busy. Come away for a few moments of rest and worship that will sustain you throughout the merry labors of the season. Based on the book Unwrapping the Names of Jesus: An Advent Devotional , this 5-day devotional reading plan will guide you to receive Jesus’ rest this Christmas by taking moments to remember His goodness, express your neediness, seek His stillness, and trust His faithfulness.
5 Dae
Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! (Psalm 103:2) In die kultuur van ons tyd is ons in 'n dankseggingseisoen. Hoe reflekteer, vier ons fees en sê ons dankie? Ons streef daarna om die deug van dankbaarheid te bou, waar ons nie net ons seëninge tel nie, maar ook God se teenwoordigheid in ons lewens erken. Deur te fokus op die goedheid van God, wil ons aanmoediging vind om ander te waardeer, en 'n gemeenskap te skep wat vol vreugde en hoop is.
7 Days
What would happen if you woke up and reminded yourself of the Gospel every day? This 7-day devotional seeks to help you do just that! The Gospel not only saves us, it also sustains us throughout our lives. Author and Evangelist Matt Brown has formed this reading plan based on the 30-day devotional book written by Matt Brown and Ryan Skoog.
17 dae
Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inmekaar vloei sonder hoogte- of laagtepunte. Als is ok, maar iets ontbreek.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's