Moenie spog oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal oplewer nie. Laat 'n vreemde jou prys, en nie jou eie mond nie, 'n buitestander, en nie jou eie lippe nie. 'n Klip is swaar en sand het gewig, maar teistering deur 'n sot is swaarder as albei. Woede is wreed en toorn oorweldigend, maar wie kan staande bly voor jaloesie? 'n Openlike teregwysing is beter as liefde in die geheim. Die wonde deur 'n geliefde toegedien, word opreg bedoel, maar oordrewe is die soene van iemand wat haat. 'n Persoon wat versadig is, vertrap 'n heuningkoek, maar vir 'n honger persoon is alles wat bitter is, soet. Soos 'n voël wat rondswerf weg van sy nes af, so is iemand wat rondswerf ver van sy woonplek af. Olie en reukwerk maak die hart bly, maar die •siel word uitmekaar geskeur deur teenspoed. Jou vriend en die vriend van jou vader moet jy nie verlaat nie, en in die huis van jou broer moet jy nie kom op die dag van jou teenspoed nie; 'n buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is. Wees wys, my seun, en maak my hart bly, sodat ek die een wat my beledig, 'n antwoord kan gee. 'n Slim mens sien gevaar en soek skuiling, maar onverstandiges gaan voort en moet die prys betaal: “Neem sy kleed, want hy het borg gestaan vir 'n vreemde, vir 'n vreemde vrou – neem 'n pand van hom!” Wie sy vriend luidrugtig seën toewens in die vroeë oggend – dit sal hom as 'n vervloeking toegereken word.
Lees Spreuke 27
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Spreuke 27:1-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's