My seun, as jy my woorde aanvaar, my opdragte veilig by jou hou deur aandagtig te luister na wysheid, jou hart te rig op verstandigheid, ja, as jy om insig roep, hardop roep om verstandigheid, as jy dit nastreef soos silwer, dit soos 'n verborge skat naspeur, dan sal jy insig hê in ontsag vir die HERE, en kennis van God sal jy vind. Ja, net die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstandigheid. Vir die opregtes hou Hy vindingrykheid in bewaring, as 'n skild vir hulle wat onberispelik leef
Lees Spreuke 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 2:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's