Spreuke 16:1-9

Spreuke 16:1-9 AFR20

'n Mens kry sy gedagtes agtermekaar, maar die antwoord van die tong kom van die HERE. Al die weë van 'n mens is onbesproke in sy eie oë, maar die een wat die geeste toets, is die HERE. Vertrou wat jy doen aan die HERE toe, dan sal jou planne standhou. Die HERE het sy doel met alles; selfs 'n goddelose bestaan vir die dag van onheil. Afstootlik vir die HERE is elkeen met 'n hoogmoedige hart; dit staan vas: So iemand sal nie ongestraf bly nie. Deur troue liefde en waarheid word sondeskuld bedek, en deur ontsag vir die HERE vermy 'n mens die kwaad. Wanneer die HERE tevrede is met 'n mens se lewenspaaie, laat Hy selfs sy vyande met hom vrede maak. 'n Bietjie, saam met geregtigheid, is beter as 'n groot inkomste verkry deur onreg. Die hart van 'n mens beplan sy pad, maar die HERE bepaal sy voetstappe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 16:1-9