Numeri 34

34
Grense van Kanaän
1Die Here het met Moses gepraat en gesê: 2“ Gee die Israeliete opdrag en sê vir hulle, ‘Wanneer julle in die land Kanaän aankom, is dít die grondgebied wat aan julle as erfenis toeval – die land Kanaän met sy grense:
3“ ‘ Aan die suidekant sal julle gebied in die Tsinwoestyn al langs Edom lê. Julle suidelike grens sal in die ooste vanaf die punt van die Soutsee wees. 4Dan swaai julle grens suid van Skerpioenhoogte en gaan oor na Tsin. Die verste punt lê suid van Kades-Barnea dit loop verder na Gasar-Addar en dan oor na Asmon. 5Die grens swaai dan van Asmon af na die Spruit van Egipte, en die verste punt is die see.
6“ ‘ Wat die westelike grens betref: Dit moet vir julle die Groot See en die kusgebied wees. Dit sal vir julle die westelike grens wees.
7“ ‘ En dít sal vir julle die noordelike grens wees: Vanaf die Groot See moet julle vir julle 'n lyn trek na die berg Hor, 8en vanaf die berg Hor moet julle weer 'n lyn trek na Lebo-Hamat. Die verste punt van die grens moet by Sedad wees. 9Die grens strek verder na Sifron, en sy verste punt is Gasar-Enan. Dit sal julle noordelike grens wees.
10 “ ‘Vir die oostelike grens moet julle vir julle 'n lyn trek vanaf Gasar-Enan na Sefam. 11Van Sefam af loop die grens af na Ribla, aan die oostekant van Ajin. Dan daal die grens verder af en loop al langs die berghange oos van die meer van Gennesaret. 12Daarna daal die grens af na die Jordaan, met die verste punt by die Soutsee. Dit sal julle land wees volgens sy grense aan alle kante.’ ”
13 Moses het die Israeliete beveel: “Dit is die land wat julle deur loting onder mekaar as erfenis moet verdeel, wat die Here beveel het om aan die nege-en-'n-halwe stamme te gee. 14Want die stam van die nageslag van Ruben het, volgens hulle families, hulle deel ontvang, en die stam van die nageslag van Gad, volgens hulle families. Ook die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang. 15Die twee-en-'n-halwe stamme, hulle het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan, teenoor Jerigo, ooswaarts na waar die son opkom.”
16Die Here het met Moses gepraat en gesê: 17“ Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet toewys: die priester Eleasar en Josua, seun van Nun. 18 Een leier uit elke stam moet julle neem om die land as erfenis toe te wys. 19 Dit is die name van die manne:
“vir die stam Juda:
Kaleb, seun van Jefunne;
20vir die stam van die nageslag van Simeon:
Samuel, seun van Ammihud;
21vir die stam Benjamin:
Elidad, seun van Kislon;
22vir die stam van die nageslag van Dan:
as leier Bukki, seun van Jogli;
23“wat die nageslag van Josef betref:
“vir die stam van die nageslag van Manasse:
as leier Ganniël, seun van Efod;
24en vir die stam van die nageslag van Efraim:
as leier Kemuel, seun van Siftan;
25vir die stam van die nageslag van Sebulon:
as leier Elisafan, seun van Parnak;
26vir die stam van die nageslag van Issaskar:
as leier Paltiël, seun van Assan;
27vir die stam van die nageslag van Aser:
as leier Agihud, seun van Selomi;
28vir die stam van die nageslag van Naftali:
as leier Pedael, seun van Ammihud.”
29Dit is hulle vir wie die Here opdrag gegee het om aan die Israeliete hulle erfenis toe te wys in die land Kanaän.

Tans Gekies:

Numeri 34: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

Video for Numeri 34