Numeri 30

30
Geloftes van vroue
1Moses het met die stamhoofde van die Israeliete gepraat en gesê: “Dit is wat die Here beveel het: 2 As 'n man aan die Here 'n gelofte aflê, of as hy 'n eed aflê om te hou by 'n onderneming wat hy gegee het, mag hy sy belofte nie verbreek nie. Alles wat oor sy lippe gekom het, moet hy doen.
3“Wanneer 'n vrou 'n gelofte aan die Here aflê en haar in haar jeug aan die onthouding van iets bind terwyl sy in die huis van haar vader is, 4en haar vader hoor van haar gelofte en die verpligting tot onthouding wat sy op haarself geneem het, maar haar vader bly stil teenoor haar, dan geld al haar geloftes; en elke verbintenis wat sy op haarself geneem het, geld.
5“Maar as haar vader teenoor haar sy afkeuring uitspreek op die dag wat hy daarvan hoor, is al haar geloftes en verpligtinge wat sy op haarself geneem het, nie geldig nie. Die Here sal haar vergewe, omdat haar vader sy afkeuring teenoor haar uitgespreek het.
6“ As sy wel aan 'n man afgestaan word terwyl haar geloftes of 'n onbesonne uitspraak waarmee sy 'n verpligting op haar geneem het, nog op haar rus, 7en haar man daarvan hoor en teenoor haar stilbly op die dag wat hy daarvan hoor, dan bly haar geloftes geldig. Die verpligtinge wat sy op haarself geneem het, geld steeds. 8 Maar as haar man teenoor haar sy afkeuring uitspreek op die dag wat hy daarvan hoor, dan maak hy die gelofte wat op haar rus en die onbesonne uitspraak waarmee sy haarself gebind het, ongeldig; en die Here sal haar vergewe.
9“Wat betref die gelofte van 'n weduwee of vrou wat verstoot is: Alles wat sy op haarself geneem het, bly vir haar geldig.
10“ As 'n vrou in die huis van haar man 'n gelofte aflê of haarself met 'n eed verbind, 11en haar man hoor daarvan en hy bly stil teenoor haar, hy spreek nie sy afkeuring teenoor haar uit nie, dan geld al haar geloftes, ja, elke verpligting wat sy op haar geneem het, bly geldig. 12Maar as haar man dit uitdruklik ongeldig verklaar die dag wat hy dit hoor, sal alles wat oor haar lippe kom – haar geloftes en haar selfverpligting – nie geld nie. Haar man het dit ongeldig gemaak, en die Here sal haar vergewe. 13Enige gelofte of enige eed wat haar verplig tot verootmoediging – haar man kan dit geldig verklaar of haar man kan dit ongeldig verklaar. 14As haar man tot die volgende dag doodstil bly teenoor haar, dan maak hy al haar geloftes, of al die verpligtinge wat sy op haar geneem het, geldig, omdat hy stilgebly het teenoor haar op die dag wat hy dit gehoor het. 15 Maar as hy dit uitdruklik ongeldig verklaar nadat hy dit gehoor het, dan sal hy haar skuld dra.”
16Dit is die vaste voorskrifte wat die Here Moses beveel het met betrekking tot 'n man en sy vrou, en 'n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug nog in haar vader se huis is.

Tans Gekies:

Numeri 30: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan