Die verpligtinge van die nageslag van Gerson by die Tent van Ontmoeting was die tabernakel en die boseil, sy dekkleed en die gordyn by die ingang van die •Tent van Ontmoeting, die voorhof se seildoeke wat rondom die tabernakel en die altaar is, saam met die voorhof se afskorting en sy toue – al die werk daaraan. By Kehat hoort die familiegroep wat van Amram afstam, die familiegroep wat van Jishar afstam, die familiegroep wat van Hebron afstam en die familiegroep wat van Ussiël afstam. Hulle was die familiegroepe wat van Kehat afstam. Die volle getal van al die manlike persone van 'n maand en ouer was 8 600. Hulle moes die verpligtinge in die heiligdom nakom. Die familiegroepe van die nageslag van Kehat het kamp opgeslaan langs die tabernakel, aan die suidekant. Die leier van die familiegroepe wat van Kehat afstam, was Elisafan, seun van Ussiël. Hulle verpligtinge was al die werk verbonde aan die ark, die tafel, die menora, die altare en die toebehore van die heiligdom waarmee hulle take verrig, asook die afskorting. Die hoofleier van die Leviete was Eleasar, seun van die priester Aäron. Hy was in bevel van dié wat die verpligtinge in die heiligdom moes nakom. By Merari hoort die familiegroep wat van Magli afstam en die familiegroep wat van Musi afstam. Hulle was die familiegroepe wat van Merari afgestam het. Wat betref dié wat ingeskryf is: Die volle getal van al die manlike persone van 'n maand en ouer was 6 200. Die leier van die familiegroepe wat van Merari afstam, was Suriël, seun van Abigajil. Hulle het langs die tabernakel tent opgeslaan, aan die noordekant. Die verantwoordelikheid wat aan die nageslag van Merari opgedra is, was die tabernakel se houtraamwerk, die dwarshoute, tentpale en voetstukke, en al die toebehore, al die werk daaraan verbonde, ook die tentpale van die voorhof rondom, hulle voetstukke, penne en toue.
Lees Numeri 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Numeri 3:25-37
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's