Hulle het uit die boekrol met die Wet van God voorgelees, terwyl hulle verduidelik. Hulle het die uitleg gegee, sodat die volk die voorlesing kon verstaan. Nehemia – hy was die administrateur – en Esra, die priester en skrifgeleerde, en die Leviete wat besig was om vir die volk te verduidelik, het toe vir die hele volk gesê: “Hierdie dag is heilig vir die HERE julle God. Moenie treur of huil nie!” Ja, die hele volk het gehuil toe hulle die woorde van die Wet hoor. Esra het vir hulle gesê: “Gaan eet feestelike kos en drink soet drank. Deel ook uit aan hulle vir wie niks voorberei is nie, want hierdie dag is heilig vir ons Heer. Moenie neerslagtig wees nie, want die vreugde van die HERE, dit is julle toevlug.” Die Leviete het die hele volk gemaan om stil te wees en gesê: “Wees stil, want hierdie dag is heilig! Moenie neerslagtig wees nie!”
Lees Nehemia 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nehemia 8:9-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's