Die Vispoort is deur die seuns van Hassenaä herbou. Hulle het die balke gelê en die poortdeure, sokgrendels en sluitbalke ingesit.
Langs hulle het Meremot, seun van Urija, seun van Kos, herstelwerk gedoen.
Langs hulle het Mesullam, seun van Beregja, seun van Mesesabel, herstelwerk gedoen.
Langs hulle het Sadok, seun van Baäna, herstelwerk gedoen.
Langs hulle het mense van Tekoa herstelwerk gedoen, maar die vernames onder hulle het nie hulle nekke onder die juk van hulle Heer se werk gesit nie.
Die Jesanapoort het Jojada, seun van Paseag, en Mesullam, seun van Basodja, herstel. Hulle het die balke gelê en die poortdeure, sokgrendels en sluitbalke ingesit.
Langs hulle het Melatja, uit Gibeon, en Jadon, uit Meronot, herstelwerk gedoen. Die manne van Gibeon en Mispa het behoort tot die ampsgebied van die •streekgoewerneur wes van die Rivier.
Langs hulle het Ussiël, seun van Garhaja, 'n lid van die goudsmede, herstelwerk gedoen.
Langs hom het Gananja, 'n lid van die salfmengers, herstelwerk gedoen. Hulle het Jerusalem opgeknap tot by die Breë Muur.
Langs hulle het Refaja, seun van Gur, die bevelvoerder van die helfte van die Jerusalem-distrik, herstelwerk gedoen.
Langs hulle het Jedaja, seun van Garumaf, reg voor sy huis die herstelwerk gedoen.
Langs hom het Gattus, seun van Gasabneja, herstelwerk gedoen.
'n Tweede afgemete deel, het Malkija, seun van Garim, en Gassub, seun van Pagat-Moab, herstel, en ook die Toring van die Oonde.
Langs hulle het Sallum, seun van Halloges, die bevelvoerder van die ander helfte van die Jerusalem-distrik, herstelwerk gedoen, hy en sy dogters.
Die Dalpoort is deur Ganun en die inwoners van Sanoag herstel. Hulle het dit self herbou, die deure, sokgrendels en sluitbalke ingesit, en ook duisend el van die stadsmuur herstel, tot by die Ashooppoort.
Die Ashooppoort is deur Malkija, seun van Regab, bevelvoerder van die Bet-Hakkêrêm-distrik, herstel. Hy het dit self herbou en die deure, sokgrendels en sluitbalke ingesit.
Die Fonteinpoort is deur Sallun, seun van Kol-Gose, die bevelvoerder van die Mispa-distrik, herstel. Hy het dit self herbou, die dak opgesit en die deure, sokgrendels en sluitbalke ingesit; so ook die stadsmuur by die dam van die watervoor wat na die koningstuin loop, tot by die trappe wat afgaan vanaf die Stad van Dawid.