Nehemia 2:1-6

Nehemia 2:1-6 AFR20

In die maand •Nisan, in die twintigste regeringsjaar van koning Artasasta, het die wyn gereedgestaan voor hom. Ek het die wyn geneem en vir die koning aangebied. Ek was gewoonlik nie treurig voor hom nie. Die koning vra toe vir my: “Waarom is jou gesig so somber? Jy is tog nie siek nie. Dit kan niks anders as 'n treurige hart wees nie.” Ek het baie bang geword en vir die koning gesê: “Mag die koning vir ewig lewe! Waarom sou my gesig nie somber wees wanneer die stad, die plek van my voorouers se grafte, vervalle lê en sy poorte deur vuur verteer is nie? ” Toe vra die koning vir my: “Wat is dit wat jy wil hê?” Ek het tot die God van die hemel gebid en vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind, en as u dienaar by u aanvaarding vind, moet u my na Juda stuur, na die stad van my voorouers se grafte, sodat ek dit kan herbou.” Die koning, met die koningin wat langs hom sit, het vir my gevra: “Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer kom jy terug?” Die koning het dit goedgevind en my laat gaan. Ek het vir hom 'n bepaalde tyd gegee

Gratis leesplanne en oordenkings oor Nehemia 2:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid