Nehemia 10

10
1Op die verseëlde geskrif was die volgende name:
Nehemia, die administrateur, seun van Gagalja,
en Sedekia,
2Seraja, Asarja, Jeremia,
3Pasgur, Amarja, Malkija,
4Gattus, Sebanja, Mallug,
5Garim, Meremot, Obadja,
6Daniël, Ginneton, Barug,
7Mesullam, Abia, Mijamin;
8Maäsja, Bilgai en Semaja.
Dit was die priesters.
9Die Leviete was:
Jesua, seun van Asanja,
Binnuï uit die nageslag van Genadad,
Kadmiël.
10Hulle stamgenote was:
Sebanja, Hodija, Kelita, Pelaja, Ganan,
11Miga, Regob, Gasabja,
12Sakkur, Serebja, Sebanja,
13Hodija, Bani, Beninu.
14Die hoofde van die volk was:
Paros, Pagat-Moab, Elam, Sattu, Bani,
15Bunni, Asgad, Bebai,
16Adonia, Bigwai, Adin,
17Ater, Hiskia, Assur,
18Hodija, Gasum, Besai,
19Garif, Anatot, Nebai,
20Magpias, Mesullam, Gesir,
21Mesesabel, Sadok, Jaddua,
22Pelatja, Ganan, Anaja,
23Hosea, Gananja, Gassub,
24Halloges, Pilga, Sobek,
25Regum, Gasabna, Maäseja,
26Agija, Ganan, Anan,
27Mallug, Garim, Baäna.
28Die res van die volk, die priesters, die Leviete, die poortwagte, die sangers, die tempeldienaars, en almal wat hulle van die volke van ander lande afgesonder het in navolging van die wet van God, met hulle vroue, seuns en dogters – elkeen wat kon verstaan – 29het aangesluit by hulle eie volksgenote, die vernames onder hulle, en hulleself met 'n vervloeking en eedswering daaraan verbind:
“om die wet van God te volg wat by monde van Moses, die dienskneg van God, gegee is, om dit na te kom en om al die gebooie van die Here, ons Heer, sy beslissings en vaste voorskrifte, uit te voer, 30 en dat ons nie ons dogters aan die volke van die land sal gee nie, en hulle dogters nie vir ons seuns sal neem nie.
31En die volke van die land wat hulle handelsware of enige graan op die Sabbatdag bring om te verkoop – ons sal dit nie van hulle aanvaar op die Sabbat of op 'n heilige dag nie. En ons sal die sewende jaar die grond onbewerk laat lê en van alle skuldinvordering afsien.
32Ons lê onsself die verpligting op om jaarliks 'n derde van 'n sikkel af te staan vir die diens in die huis van ons God: 33 vir die brood, gerangskik in rye, vir die gereelde •graanoffer en •brandoffer op die Sabbatte, op die nuwemaansfeeste en op die vaste feestye, vir die •heilige gawes en die •reinigingsoffers om versoening te doen vir Israel, en vir al die take in die huis van ons God.
34 Ons, die priesters, die Leviete en die volk het die lot gewerp oor die lewering van hout, om dit volgens families, na die huis van ons God te bring, jaar ná jaar, op vasgestelde tye, sodat dit op die altaar van die Here, ons God, kan brand, soos geskryf staan in die Wet.
35 Ons onderneem om, jaar ná jaar, die eerste vrugte van ons grond en die eerste vrugte van elke boom, te bring na die huis van die Here; 36 en, soos geskryf staan in die Wet, om die eersgeborenes van ons seuns en ons vee, die eersgeborenes van ons beeste en ons kleinvee, te bring na die huis van ons God, vir die priesters wat diens doen in die huis van ons God; 37en ons eerste baksel, ons •wydingsgeskenke en die vrug van elke boom wat •nuwe wyn en olie lewer, sal ons na die vertrekke, by die huis van ons God bring vir die priesters.
En die tiendes van ons grond is vir die Leviete. Dit is hulle, die Leviete, wat die tiendes sal insamel in al die dorpe waar ons werk. 38'n Priester, die nakomeling van Aäron, sal by die Leviete teenwoordig wees wanneer hulle die tiendes insamel. En die Leviete moet 'n tiende van die tiendes opneem na die huis van ons God, na die vertrekke van die stoorplek. 39Ja, na daardie vertrekke sal die Israeliete en die nageslag van Levi die wydingsgeskenke van koring, nuwe wyn en olie neem. Die gereedskap van die heiligdom is daar, en ook die priesters wat diens doen, die poortwagte en die sangers.
Ons sal nie die huis van ons God verwaarloos nie.”

Tans Gekies:

Nehemia 10: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid