Markus 11:11-17

Markus 11:11-17 AFR20

Jesus het in Jerusalem die tempelterrein binnegegaan. En nadat Hy na alles rondom Hom gekyk het, het Hy, omdat dit reeds aand was, na Betanië vertrek met die twaalf. Toe hulle die volgende dag van Betanië af vertrek, het Hy honger geword. Hy het van ver af 'n vyeboom met blare gesien, en gaan kyk of Hy nie miskien iets daaraan sou vind nie. Toe Hy by die boom kom, het Hy niks gevind nie, net blare, want dit was nie tyd vir vye nie. Hy sê toe vir die vyeboom: “Mag niemand tot in ewigheid ooit weer 'n vrug van jou af eet nie!” Sy dissipels het dit gehoor. Hulle het in Jerusalem aangekom. Jesus het toe die tempelterrein binnegegaan en die mense wat op die tempelterrein aan die koop en verkoop was, begin uitjaag. Hy het ook die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi, en niemand toegelaat om enige voorwerp oor die tempelterrein te dra nie. Hy het hulle geleer en gesê: “Staan daar nie geskryf nie, “ ‘My huis sal 'n huis van gebed vir al die nasies genoem word’? Maar julle het daarvan 'n rowerspelonk gemaak.”

Video for Markus 11:11-17

Gratis leesplanne en oordenkings oor Markus 11:11-17