Hieroor wil ek weeklaag en huil; ek wil kaalvoet en sonder klere loop; ek wil tjank soos woestynjakkalse en brom soos steenuile; want Samaria se wonde is ongeneeslik, ja, dit strek tot by Juda; dit raak aan die poort van my volk, aan Jerusalem. Moet dit nie in Gat vertel nie, moet glad nie daaroor huil nie! In Bet-Leafra rol hulle in die stof! Trek weg, inwoners van Safir, naak en in skaamte. Die inwoners van Saänan ruk nie op nie. Daar word gerou in Bet-Haesel; Hy neem sy bystand van julle weg. Ja, die inwoners van Marot wag angstig op iets goeds, want die kwaad wat van die HERE kom, het afgegaan tot by die poort van Jerusalem. Span die perde voor die strydwa, inwoners van Lagis! Dit was die begin van die dogter van Sion se sonde; ja, in jou is die oortredings van Israel gevind. Daarom moet jy afskeidsgeskenke gee aan Morêset-Gat. Die huise by Agsib sal 'n droë fontein vir die konings van Israel wees. Ek sal weer 'n veroweraar na julle bring, inwoners van Maresa; hy sal tot by Adullam kom. Trots van Israel, skeer jou kop kaal, skeer jou hare af oor jou lieflingkinders; maak die kaal kol so groot soos dié van 'n aasvoël, want hulle sal van jou af weggevoer word in ballingskap.
Lees Miga 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 1:8-16
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's