Matteus 8:30-34

Matteus 8:30-34 AFR20

'n Hele ent van hulle af het 'n groot trop varke gewei. Die demone het Hom gesmeek: “As U ons uitdryf, stuur ons in die trop varke in!” En Hy het vir hulle gesê: “Gaan!” Hulle het toe uitgevaar en weggegaan in die varke in. En kyk, die hele trop het op loop gesit teen die helling af, die see in, en versuip. Die wagters het op die vlug geslaan, en in die dorp alles gaan vertel, ook wat met die besetenes gebeur het. En kyk, die hele dorp het uitgegaan om Jesus te ontmoet; en toe hulle Hom sien, het hulle Hom gesmeek om uit hulle gebied weg te gaan.