Matteus 4:3-14

Matteus 4:3-14 AFR20

Toe het die versoeker nader gekom en vir Hom gesê: “As u die •Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode moet word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskryf, “ ‘Van brood alleen sal die mens nie leef nie, maar van elke uitspraak wat uit die mond van God kom.’ ” Toe neem die Duiwel Jesus na die heilige stad en laat Hom op die hoogste punt van die tempelgeboue staan en sê vir Hom: “As u die Seun van God is, spring hier af! Daar staan immers geskryf, “ ‘Hy sal sy engele opdrag oor jou gee – op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie dalk teen 'n klip jou voet stamp nie.’ ” Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskryf, “ ‘Jy mag die Here jou God nie versoek nie.’ ” Hierna neem die Duiwel Hom na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in hulle prag, en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir u gee as u neerkniel en my aanbid. ” Toe sê Jesus vir hom: “Gaan weg, Satan! Want daar staan geskryf, “ ‘Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.’ ” Toe het die Duiwel Hom met rus gelaat, en kyk, daar het engele gekom en Hom versorg. Toe Jesus hoor dat Johannes in hegtenis geneem is, het Hy na Galilea teruggekeer. Hy het Nasaret verlaat en in Kapernaum by die see gaan woon, in die gebied van Sebulon en Naftali, sodat die woorde vervul sou word wat deur die profeet Jesaja gesê is