Matteus 4:1-10

Matteus 4:1-10 AFR20

Hierna is Jesus deur die Gees die woestyn ingelei om deur die Duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte lank het Hy gevas, en later honger geword. Toe het die versoeker nader gekom en vir Hom gesê: “As u die •Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode moet word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskryf, “ ‘Van brood alleen sal die mens nie leef nie, maar van elke uitspraak wat uit die mond van God kom.’ ” Toe neem die Duiwel Jesus na die heilige stad en laat Hom op die hoogste punt van die tempelgeboue staan en sê vir Hom: “As u die Seun van God is, spring hier af! Daar staan immers geskryf, “ ‘Hy sal sy engele opdrag oor jou gee – op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie dalk teen 'n klip jou voet stamp nie.’ ” Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskryf, “ ‘Jy mag die Here jou God nie versoek nie.’ ” Hierna neem die Duiwel Hom na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in hulle prag, en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir u gee as u neerkniel en my aanbid. ” Toe sê Jesus vir hom: “Gaan weg, Satan! Want daar staan geskryf, “ ‘Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.’ ”