Matteus 3:1-3

Matteus 3:1-3 AFR20

In daardie tyd het Johannes die Doper in die openbaar begin optree en in die woestyn van Judea verkondig: “Bekeer julle, want die •koninkryk van die hemele is op hande.” Hy was immers die een van wie die profeet Jesaja gepraat het toe hy gesê het: “'n Stem van iemand wat roep in die woestyn, ‘Maak die pad vir die Here gereed, maak sy paaie reguit!’ ”