Matteus 21:1-11

Matteus 21:1-11 AFR20

Toe hulle Jerusalem nader en by Betfage teen die Olyfberg kom, stuur Jesus twee dissipels met die opdrag: “Gaan na die dorpie daar voor julle, en julle sal dadelik 'n vasgemaakte donkie vind met 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My. En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord, ‘Die Here het hulle nodig’. Dan sal hy hulle dadelik laat gaan.” Dit het gebeur, sodat vervul sou word wat deur die profeet gesê is: “Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe: Hy is sagmoedig en Hy sit op 'n donkie, en op 'n jong donkie, die vul van 'n pakdier. ” Die dissipels het vertrek en gemaak soos Jesus hulle beveel het. Hulle het die donkie en die vul geneem, boklere op hulle neergesit, en Hy het daarop gaan sit. Die groot skare het hulle boklere op die pad oopgesprei, en ander weer het takke van die bome afgekap en op die pad oopgesprei. Die skare wat voor Hom uit geloop en dié wat gevolg het, het uitgeroep: “Hosanna vir die •Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste!” Toe Hy Jerusalem binnegaan, was die hele stad in rep en roer, en hulle het gevra: “Wie is hierdie man?” Die skare het gesê: “Dit is die profeet Jesus, die Een van Nasaret, in Galilea.”

Video vir Matteus 21:1-11

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 21:1-11